Quantcast
Channel: Hare – Goeie Huishouding
Viewing all 55 articles
Browse latest View live

6 wenke en kunsies om jou hare te kleur

$
0
0
New Webv_Garnier
  1. Is dit die eerste keer dat jy met ’n permanente skakering kleur? Hier is alles wat jy nodig het om die beste uit jou kleur te kry!

Anders as met tydelike haarkleursel lewer permanente haarkleur ’n sterker kleur en bedek grys perfek. Wanneer jy die eerste keer kleur, doen eers ’n koltoets 48 uur vooraf om seker te maak jy is nie allergies vir enige van die aktiewe bestanddele nie. Gebruik ’n wattestokkie om ’n bietjie van die kleurroom aan die vel agter jou oor aan te wend en laat dit droog word. Los dit vir 48 uur voordat jy dit afspoel. As enige rooiheid of jeukerigheid voorkom, moenie die kleursel gebruik nie.

  1. Topwenke om kleurbehandelde hare sag en lewendig te hou. Gee jou hare ’n bietjie liefdevolle sorg!

Gevoede hare beteken beter kleur, maar om goed vir jou hare te sorg nadat jy dit gekleur het, is net so belangrik! Garnier Nutrisse Crème Permanent Nourishing Hair Colour het nou 50% meer opknapper in hul Nourishing Conditioner vir selfs beter sorg en voeding ná die kleurproses. Ons beveel aan dat jy ook ’n diepbevogtende behandeling minstens een keer ’n week by jou haarroetine voeg. Nadat jy dit gewas het, vryf jou hare met ’n handdoek droog en wend ’n bevogtigende masker aan. Kam dit deur en los dit vir twee tot drie minute aan. Sodra jy dit deeglik afgespoel het, behoort jy die verskil in sagtheid en glans onmiddellik op te merk. Probeer ook die Garnier Ultimate Blends The Colour Illuminator-reeks met arganolie en bosbessie-ekstrak wat spesiaal vir kleurbehandelde hare geformuleer is.

  1. Hoe om te kleur dat jou haarkleur verdof

Probeer om jou hare vir 48 uur ná die kleurproses nie te was nie; hoe langer jy dit los, hoe beter sal die kleur aan jou hare klou! Kies ’n sulfaatvrye sjampoe, wat sagkens met jou nuutgekleurde hare sal werk en help om die kleur binne te hou.

  1. Laat jou haarkleur by jou veltoon pas!

Jy wil nie ’n haarkleur kies wat nie by jou veltoon pas nie. Stel vas wat jou ondertoon is! Om dit te doen, verwyder enige grimering en kyk in ’n goed verligte spieël. As jou gesig pienk of rooi is, het jy koel ondertone. As jy ’n perske-, olyf- of goudkleurige vel het, het jy warm ondertone. As daar geen ooglopende kleure is nie, is jy neutraal.

  1. Maak seker jy het genoeg

Mense onderskat dikwels hoeveel haarkleursel hulle nodig het. As jy lang en dik hare het, koop altyd ’n ekstra boksie om seker te maak jy verkry goeie bedekking oraloor. Jy wil nie teleurgestel word nie.

  1. Beskerm jou vel

Om haarkleursel op jou vel te kry is altyd ’n pyn, want dit kan ’n paar dae neem om af te was. Om dit te keer, vryf ’n bietjie petroleumjellie al langs jou haarlyn en op die punte van jou ore. Om jou hande en naels te beskerm, maak seker jy dra die handskoene wat in jou haarkleurstelletjie verskaf word.

 

 

The post 6 wenke en kunsies om jou hare te kleur appeared first on Goeie Huishouding.


Die beste vlegsels by die Oscars

$
0
0
Best Braids at the Oscars

’n Paar van ons gunstelinghaarstyle van die rooi tapyt behels vlegsels en ons is nou vasbeslote om die volgende week te sit en YouTube-tutoriale kyk totdat ons hande kramp.

DIE WEGKRUIPERTJIE-VLEGSEL

Die seleb-haarstilis Sarah Potempa het hierdie “wegkruipertjie-vlegsel” vir Lea Michele geskep vir Elton John se jaarlikse Oscars-partytjie. Ons is dol oor die kinkel op die klassieke visstertvlegsel wat in ’n lae poniestert ingedruk is.

DIE MULTI-VLEGSEL

Ons het ’n #obsessie met Chrissy Teigen se vol multivlegsel, wat net so mooi van voor as van agter gelyk het.

DIE EENVOUDIGE VLEGSEL

Ons weet na wie toe om vir vlegsellesse te gaan, want Christian Wood, Wat Chrissy se multivlegsels gestileer het, het ook hierdie pragtige haarstyl vir Sophie Turner geskep. Ons is dol oor die moderne kinkel op klassieke Hollywood-golwe – iets sê vir ons Sansa Stark sou haar goedkeuring gegee het.

DIE KRANSVLEGSEL

The stunning #oliviawilde Our favorite hairstyle from this years #oscars #braid #bun

’n Foto geplaas deur Hues Hair (@hueshair) op

Ons is dol oor Olivia Wilde se klassieke benadering tot die kransvlegsel. Très chic! Ons kan ons net indink hoeveel haarnaalde daardie bolla moes in posisie hou!

Wat was jou geliefkoosde Oscars-haarstyl?

Van: Cosmopolitan UK

The post Die beste vlegsels by die Oscars appeared first on Goeie Huishouding.

5 foute wat jy maak wanneer jy jou hare was

$
0
0
Hair washing mistakes

 

Lyk jou hare glansloos? Dis dalk nie weens jou warm stileerhulpmiddels of die feit dat jy jou hare lanklaas laat sny het nie – die antwoord lê dalk in die manier waarop jy jou hare in die stort was.

Hier is ’n paar goed wat jy dalk moet verander – jou hare sal jou daarvoor bedank …

Moenie baie warm water gebruik nie
Daar is niks beters as ’n warm stort nie, maar ’n laer temperatuur kan wondere vir jou hare verrig. Baie warm water kan mettertyd veroorsaak dat jou hare hul struktuur en kleur verloor.

Laat tyd toe voordat jy sjampoe aanwend
Die meeste mense maak vinnig hul hare nat en begin dan sjampoe. Jy behoort egter onder die water te staan totdat jou hare behoorlik deurweek is. Dit sal jou hare vir jou eerste sjampoe voorberei.

Sjampoe meer as een keer …
Een was met sjampoe is nie genoeg om jou hare behoorlik te reinig nie. Die eerste keer sal enige residu op jou hare verwyder, terwyl die tweede was dieper op die kopvel sal reinig.

… En werk die produk in

Wanneer jy sjampoe in jou hare invryf, is dit belangrik om jou tyd te neem om die produk met jou vingerpunte in jou kopvel in te werk. Dit help dat die voedingstowwe van jou produkte jou haarfollikels beter binnedring.

Gebruik altyd opknapper – maar nie oraloor nie

Opknapper is die belangrikste stap vir sagte en sterk hare. Dit help ook om van koeke ontslae te raak en keer dat jou hare se tekstuur bros raak. Moet egter nie opknapper oraloor jou kop aanwend nie. Opknapper moet net aan die punte van jou hare aangewend word. As jy dit aan die wortels aanwend, sal die formule met jou kopvel se natuurlike olies meng en jou hare olierig en plat laat.

Van: Good Housekeeping UK

The post 5 foute wat jy maak wanneer jy jou hare was appeared first on Goeie Huishouding.

10 wenke om te keer dat jou hare uitval

$
0
0
10 tips to stop hair from thinning

Baie van ons sukkel met haarverlies. Algemene oorsake is stres, hormone, haarkleursel, oorstilering, depressie en dieet, maar die grondoorsaak kan ingewikkeld wees.

’n Besoek aan ’n trigiloog (oftewel haar- en kopvelspesialiste) kan individuele gevalle van haarverlies diagnoseer. Daarom het ons ’n kenner gevra om haar wenke te deel. Die trigoloog Sally-Ann Tarver gee hier 10 wenke wat jy kan probeer om te keer dat jou hare uitval – deur jou leefstyl aan te pas, tegnologie in te span of ’n kenner te raadpleeg.

1. EET MEER PROTEÏEN

“Om die hoeveelheid dieetproteïen wat jy eet te vermeerder, kan met voedingshaarverlies help. ’n Redelike porsie vleis of vis elke dag kan sowat die helfte van jou 45 g-kwota opmaak. Probeer optel hoeveel proteïen jy daagliks vir ’n week inneem om ’n gevoel te kry van hoeveel jy regtig nodig het. Jy kan dalk verras wees oor hoe min jy regtig inneem.

2. DRA DIT LOSSER

“Om konstant jou hare in ’n stywe poniestert vas te maak, haarverlengings te dra of te veel droog te blaas kan stremming op jou haarfollikels plaas en trekking-alopesie veroorsaak. As jou hare uitval, kies ’n los haarstyl eerder as om dit styf vas te bind, vermy haarverlengings en gee jou hare ’n ruskans van oormatige stilering.”

3. LUISTER NA JOU LIGGAAM

“Hare wat uitval, kan deur skildkliertoestande veroorsaak word, veral hipotiroïdisme, wat dikwels in postmenopousale vroue voorkom. Wanneer dit nie behandel word nie, kan die toestand veroorsaak dat hare droog raak en uitval. Ander simptome sluit in gewigstoename, ’n droë vel en moegheid. Hierdie toestand kan deur jou huisdokter gemonitor en behandel word.”

4. DRINK MEER VITAMIENE

“Voedingsgebreke soos lae vitamien  B₁₂- en vitamien D-vlakke kan haargroei vertraag en veroorsaak dat hare uitval. ’n B₁₂-dieetgebrek kan maklik opgelos word deur jou inname van vleis, vis  en suiwel te vermeerder en ’n vitamien B-kompleks van ’n goeie gehalte te neem. ’n Vitamien D-gebrek kom al hoe meer voor en is beslis iets wat jy jou dokter moet vra om te toets as jou haar[dikte] afneem.”

5. PROBEER LASERFOTOTERAPIE

“Laserfototerapie bied ’n metode sonder vogrome en pille om haarstruktuur en -groei te verbeter, sonder newe-effekte, kopvelirritasie of skade aan haarstruktuur. Die Theradome LH80-laserhelm (nie in Suid-Afrika beskikbaar nie) verskaf fotons aan jou kopvel om jou haarfollikels te versterk. Dit is maklik om te gebruik; jy plaas dit net elke tweede dag vir 20 minute op jou kop. Laserfototerapie stimuleer bloedsirkulasie, voedingstowwe en suurstof aan die haarfollikels en help om hare sterker en gesonder te maak en vinniger te laat groei.”

6. GAAN SPREEK ’N TRIGOLOOG

“Moenie die tekens ignoreer as jou hare begin uitval nie. As jou poniestert opmerklik dunner geraak het en jy jou kopvel by jou haarlyn kan begin sien, raadpleeg ’n kenner en maak ’n afspraak met ’n trigoloog. Hulle kan jou help om die oorsaak vas te stel en jou help om jou hare weer te laat groei.”

7. MOENIE JOU OPKNAPPER OORSLAAN NIE

“As jy nie ’n opknapper gebruik nie, sal jou hare mettertyd gedehidreerd begin raak, wat daartoe kan lei dat jou hare beskadig en bros raak. Kyk uit na liggewig-opknappers wat pantenol en gliserien bevat om dun hare te bevog en sterk te hou.”

8. KYK NA JOU KOPVEL

“ ’n Gesonde kopvel = gesonde hare.Daar is ’n paar produkte op die mark wat jou kopvel gesond kan help hou en groei aanmoedig. Die professionele haarsorgmaatskappy Mediceutical het ’n uitstekende reeks kopvelspesifieke produkte wat geformuleer is om te bevog, streel en hidreer.”

 9. VERHOOG JOU YSTERINNAME

“Die lewe raak stresvol in jou 20’s en 30’s, en faktore soos ’n besig lewe en swaar menstruasie of om ’n vegetariër of bloedskenker te wees kan tot lae vlakke van ferritien lei, wat die proteïen is wat yster in die liggaam stoor. Lae ystervlakke is een van die algemeenste oorsake van hare wat uitval. Probeer om jou hare van binne af buite toe te herstel deur ysterryke kosse by jou dieet in te sluit, of neem ’n ysteraanvulling.”

10. LEEF GESOND!

“Ongesonde mense wat van kitskos leef, nie oefen nie, drink, rook en baie partytjies hou, het selde mooi hare. Jou hare is ’n weerspieëling van jou gesondheid, dieet en welstand – ’n gesonde leefstyl sal jou hare van nature ook gesond laat lyk!”

The post 10 wenke om te keer dat jou hare uitval appeared first on Goeie Huishouding.

Maak jou eie droë sjampoe

$
0
0
diy dry shampoo_eng_1.4_marelize

 

Dis ’n gejaagde oggend. Jou hare lyk pap en jou wortels voel ’n bietjie olierig, maar jy het absoluut geen tyd om jou hare te was en droog te blaas nie. En jou droë sjampoe is op! Ons was al almal daar …

Gelukkig is daar ’n vinnige oplossing vir skoon hare, en dis in jou koskas!

Jy kan koeksoda of mielieblom gebruik. (Albei is staatmakers in jou koskas; kliek net op die woorde en lees oor nog gebruike daarvoor.) Hulle werk ewe goed om vetterigheid te absorbeer, hoewel koeksoda dalk ’n bietjie skerp op ’n sensitiewe kopvel kan wees.

Wat jy nodig het:

1 koppie koeksoda of mielieblom (na gelang van wat jy beskikbaar het of wat vir jou werk)
’n paar druppels essensiële olie (meestal vir geur), opsioneel
’n teelepel kaneel (vir rooikoppe) of kakao (vir donker hare)

Plaas die bestanddele in ’n bak of houer. Meng goed en wend dit direk aan jou wortels aan. Borsel deur om die produk eweredig deur die hare te versprei. Jy kan ook die tuisgemaakte droë sjampoe met ’n skoon kaboekikwas aanwend.

Geniet vars hare tot jou volgende sjampoe!

The post Maak jou eie droë sjampoe appeared first on Goeie Huishouding.

Jy moet dít doen voordat jy jou hare was

$
0
0
Do this before washing your hair

Ons haarwas-roetine is nie iets waaroor ons baie dink nie, wat nog te sê hiersien – maar hierdie brokkie raad van die tophaarkapper Eugene Souleiman gaan dit verander.

Die bekroonde sessiestilis het by die bekendstelling van die nuwe Wella Oil Reflections-reeks gepraat toe hy die stap onthul het wat baie van sy kliënte – ook topmodelle – vergeet wanneer hulle stort.

“Baie mense borsel of kam hul hare nadat hulle gestort het, waneer dit nat is – dit is wanneer die hare veral kwesbaar is en maklik kan breek,” sê Eugene.

Hy beveel aan dat jy jou hare eerder behoorlik kam voordat jy dit was. Klink eenvoudig, ja, maar hoeveel van ons doen dit regtig?

Daar is baie voordele. “Eerstens beteken dit dat die produkte wat jy gebruik, soos sjampoe, opknappers of maskers, makliker deur die hare versprei sal word,” sê Eugene.

“En as jy hare van die wortels af kam, beteken dit dat al die dooie velselle wat jy wil uitwas, sal loskom, wat dit baie makliker maak om die kopvel te reinig en verfris,” voeg hy by. “Fokus altyd op die wortels wanneer jy sjampoe.”

Dit is ’n eenvoudige maar nuttige wenk wat ons gerus kan volg!

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

The post Jy moet dít doen voordat jy jou hare was appeared first on Goeie Huishouding.

5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny

$
0
0
hairdresser

Jy weet mos, daardie oomblik in die salon wanneer jou stilis jou laat sit, die kleed om jou hang en met jou in die spieël praat? Dit is die belangrikste drie minute van jou haarsny-ervaring. Hoekom? Dit is jou kans om regtig te kommunikeer, nie net oor watter haarstyl jy wil hê nie, maar oor jou alledaagse “verhouding” met jou hare met die persoon wat die lot van jou hare in sy hande hou. Lees hier presies wat jy vir jou haarkapper oor jouself en jou hare moet vertel, sê die selebhaarstilis David Gillson

  1. Gee hom ’n kortliks jou persoonlike inligting
    Nou is die tyd om oor jouself te praat – wat jy doen en hoe jy jou dag bestee. “Om die beste uit jou haarsnit te kry moet jy jou haarkapper soveel as moontlik oor jou leefstyl vertel. Werk jy of is hy ’n tuisbly-ma? Beoefen jy baie sport en gaan jy gim toe?” Gillson sê hierdie faktore dra alles daartoe by om die stilis te help verseker dat die haarsnit wat hy/sy jou gee gepas vir jou leefstyl is.
  1. Verduidelik jou oggendroetine
    “Maak seker jy verduidelik presies hoeveel tyd jy elke oggend het om aan jou hare te bestee,” sê Gillson. As jy net 10 minute het tussen die tyd wat jy kosblikke pak en jouself en jou kinders vir die dag regkry, gaan ’n sjiek bob wat baie moeite verg nie vir jou werk nie. Jy moet 100% eerlik wees oor presies hoeveel tyd jy soggens aan jou hare wil (en kan) bestee. Kan jy regtig tyd aan ’n kuif bestee? “Dit is ook vir my belangrik om te weet hoe gereeld jy jou hare professioneel laat droogblaas,” sê Gillson.
  1. Hoe vaardig is jy?
    As jy in ’n onbeholpe wrak verander die oomblik dat jy ’n haartang in jou hande hou, of as jy nog nooit van ’n haarstaf gehoor het nie, moet jy dit vir jou haarstilis sê sodat hy/sy dit in gedagte kan hou wanneer hy/sy jou haarstylopsies met jou bespreek.
  1. Hoeveel kan jy vir haarsorgprodukte begroot?
    Sommige haarstyle het baie meer van ’n produk nodig om goed te lyk. Sê vir jou stilis hoeveel jy bereid is om aan mousses, jels en sproeie te bestee om jou styl in toom te hou sodat hy/sy dit in gedagte kan hou wanneer op ’n styl besluit word.
  1. Sê wat jou voorkeur is
    “Sê duidelik hoe jy jou hare meestal dra,” sê Gillson. Dra jy dit gewoonlik reguit, al krul dit van nature? Doen jy die moeite om jou penreguit hare te krul? Hou jy daarvan om jou hare op te bind vir werk? “Hierdie faktore dra alles daartoe by om ’n mooi, maklike haarstyl te skep wat vir jou en jou leefstyl werk,” sê Gillson.

The post 5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny appeared first on Goeie Huishouding.

5 wenke vir blink, gesonde, sterk hare

$
0
0
Webv_Pantene_NEW
  1. Eet die regte kos

Salm, sardiens en makriel bevat omega 3-vetsure, wat die liggaam teen siektes beskerm en help om hare gesond en blink te hou. Vermeerder ook jou inname van kaneel, wat sirkulasie bevorder en suurstof en voedingstowwe aan haarfollikels verskaf. Eiers bevat biotien, ’n B-vitamien wat met haargroei help. Donker blaargroente soos krulkool en spinasie bevat vitamien A, yster, betakaroteen, folaat en vitamien C, wat help vir ’n gesonde kopvel en hare. Vitamien C help keer ook dat hare breek.

 

  1. Werk sagkens met jou hare wanneer dit nat is

Nat hare breek makliker as droë hare. Moet nooit jou hare hard met ’n handdoek droogvryf nadat jy dit gewas het nie – draai dit liewer in ’n handdoek toe en laat dit droog word. En wag dat dit ’n bietjie droog word voordat jy dit borsel. Gebruik ook eerder ’n wyetandkam as ’n borsel.

 

  1. Gebruik sjampoes en opknappers van ’n goeie gehalte

Hare word beskadig wanneer dit gestileer, gekleur, gevleg, gekrul en reguit gemaak word. Dit is hoekom dit noodsaaklik is om ’n sjampoe en opknapper te kies wat die hare van binne af versterk. Probeer ’n produk soos Pantene met die nuwe Pro-V-formule, wat tot diep in die kern binnedring om dit te herstel en hare gesond en blink laat lyk. Die meeste produkte werk net met die buitenste 5% van die haarvesel, maar Pantene met Pro-V dring die haarskag diep binne om aan die ander 95% te werk. Wanneer jy Pantene met Pro-V gebruik, kan jou hare ’n indrukwekkende 100 keer drooggeblaas word, temperature van tot 200 ºC weerstaan en 30 keer gevleg word.

 

  1. Masseer jou kopvel gereeld

Dit verhoog bloedvloei na die haarfollikels en knap die kopvel op. Boonop is dit ’n fantastiese stresverligter! Om jou kopvel te masseer sal help om jou jare gesond te hou en kan ook haarverlies help verminder en/of omkeer.

 

  1. Drink genoeg water

Dit is ’n maklike stap om in jou daaglikse roetine in te bou. Hou byvoorbeeld ’n bottel water en ’n glas op jou lessenaar by die werk, of neem ’n waterbottel saam met jou elke keer wanneer jy in jou motor klim of werk toe pendel. Om water te drink is ’n moet om te verseker dat jou hare gesond en blink is, want as jy gedehidreer is, sal jy waarskynlik ook ’n droër kopvel en dowwe, droë hare hê.

 

Hierdie plasing is deur Pantene geborg.

The post 5 wenke vir blink, gesonde, sterk hare appeared first on Goeie Huishouding.


V&A met ’n seleb-haarstilis

$
0
0
hair

Ons skoonheidskenner Erin Carelse het met die seleb-haarstilis David Gillson gesels oor alles van hoe om jou hare reg te was tot watter kleure en snitte hierdie seisoen in die mode is.

EC: Is daar ’n regte manier om jou hare te was?

DG: Wanneer jy jou hare was, konsentreer daarop om jou kopvel te was, want dit is waar haarprodukte opbou. Masseer jou kopvel saggies en spoel dit met louwarm water af. Dit is nie nodig om die punte van jou hare te was nie, want wanneer jy jou hare afspoel, reinig die sjampoe outomaties die punte en keer dat dit beskadig word.

EC: Wanneer jy opknapper aan jou hare aanwend, moet jy dit aan jou kopvel ook aanwend?

DG: Ek beveel aan dat jy jou hare saggies met ’n handdoek droogmaak nadat jy dit gewas en afgespoel het voordat jy opknapper aanwend. Die rede daarvoor is dat as jou hare nat is, dit te verdun is en die opknapper sal nie geabsorbeer word nie. Wend jou opknapper van die middel van jou hare tot op die punte aan en los dit vir sowat twee minute aan voordat jy dit afspoel.

EC: Is daar ’n manier om jou hare vinniger te laat groei?

DG: Gesonde hare groei vinniger. Probeer dus om haarbehandelings by jou maandelikse roetine te inkorporeer. Dit dring die hare diep binne en hou dit in ’n goeie toestand. Dit is ook belangrik om dit gereeld te laat sny om te keer dat die haarkutikels split.

EC: Kan jy van gesplete punte ontslae raak sonder om lengte te verloor?

DG: Daar is produkte en serums wat met gesplete punte help. Olaplex en Minu Hair Serum van Davines is fantastiese keuses.

EC: Hoekom kry sommige van ons ’n droë en jeukerige kopvel?

DG: Jou dieet of hormoon- en stresverwante kwessies veroorsaak gewoonlik ’n droë en jeukerige kopvel. Probeer om ’n gesonde eetplan te volg en kry maniere om jou stres te verlig. Oefening en dieet speel ’n belangrike rol in die toestand van jou hare.

EC: Is daar ’n regte manier om jou hare droog te blaas?

DG: Die praktiese reël wanneer dit by droogblaas kom, is om ’n lae hitte te gebruik. Wanneer jy jou hare by ’n baie hoë temperatuur droogblaas, kan jy dit beskadig. Wanneer jy jou hare droogblaas, dink aan die skubbe van ’n vis. Dis gerangskik en lê in ’n kop-tot-tone-rigting, en dis hoe jy jou hare behoort droog te blaas. Begin dus van bo af en werk ondertoe in die rigting wat jou hare groei. Dit sal die kutikels van jou hare ook beskerm.

EC: Wat is die neigings van hierdie seisoen wat kleure en snitte betref?

DG: Natuurlik, natuurlik, natuurlik. Daarmee bedoel ek as jou hare krullerig is, dra dit só. Etniese hare ook – op Gucci en Prada se loopplanke het ons gesien hoe hare natuurlik gedra word. Wat snitte betref, is die neiging hierdie seisoen “geek chic”. Dink dus eenvoudig, sterk, gerond en mikro-kuiwe. Kleure is ook natuurlik – vaal bruine, asblond, gedempte koper en dies meer. ’n Baie natuurlike voorkoms.

The post V&A met ’n seleb-haarstilis appeared first on Goeie Huishouding.

Doen dit self: Hoe om jou kopvel af te skilfer

$
0
0
Woman having a bad hair day grimacing in disgust as she looks in the mirror and runs her hands through her hair

 

’n Gesonde kopvel dra by tot gesonde, blink hare. En net soos die vel op jou gesig en lyf kan jou kopvel ook droog raak of aan ander toestande ly wat kan veroorsaak dat jou hare nie goed lyk nie. Net soos die res van jou liggaam is dit belangrik om van dooie velselle en opgeboude produkte ontslae te raak en bloedsirkulasie te bevorder. Maar nou dat jy van hierdie belangrike stap in haarsorg weet, moenie winkel toe jaag vir ’n nuwe produk nie – jy kan dit self doen!

Jy het nodig:

2 e bruinsuiker

2 e gemaalde hawermout (zirts ’n bietjie hawermout in ’n vermenger)

2 e opknapper

Meng die bestanddele in ’n bakkie. Was jou hare eers met sjampoe om van opgeboude produkte ontslae te raak. Neem ’n bietjie van die afskilferingsmengsel en masseer dit met sirkelbewegings in jou kopvel in. Spoel behoorlik af, en maak seker dat niks op jou kopvel agterbly nie.

The post Doen dit self: Hoe om jou kopvel af te skilfer appeared first on Goeie Huishouding.

Die nuutste gier: omgekeerde harewas

$
0
0
Hair wash

Dit kan dalk vreemd klink, ons weet. Ons is almal so gewoond aan die roetine om ons hare te was, af te spoel en dan opknapper aan te wend. Dit is wat die salonne doen en wat ons geleer is; daarom bevraagteken ons dit nie. Maar wat as ons vir jou sê dat jy dit eintlik andersom moet doen?

Die nuutste neiging word “omgekeerde was” genoem, en wat dit beteken, is dat pleks van jou sjampoe eerste aan te wend, doen jy dit laaste. Om te verstaan hoekom jy hierdie neiging moet probeer, moet jy die doel van jou sjampoe en opknapper verstaan.

Sjampoe:

Die doel van ’n sjampoe, en waarom dit geskep is, is om jou hare en kopvel te reinig en om die opbou van produkte, vuiligheid, oortollige olie en dies meer te verwyder. ’n Opaktiewe molekule is die bestanddeel in ’n sjampoe wat daarvoor verantwoordelik is om hare te reinig.

Opknapper:

Die doel van opknapper is om jou hare te bevog en versterk nadat jy dit gewas het, en om die kutikels glad te stryk en toe te maak ter voorbereiding van stilering. Dit laat ’n dun lagie op jou hare nadat jy dit afgespoel het, wat beskerming en vog verskaf.

Die rede hoekom die omgekeerde wasproses so goed werk, is omdat ’n opknapper jou hare sal versag en ontknoop as jy dit eerste gebruik en dit terselfdertyd bevog. Dit dien as ’n basislaag voor was en help dat die sjampoe eweredig versprei word. As jy sjampoe nadat jy opknapper aangewend het, laat dit die sjampoe toe om alles te verwyder sonder om jou hare van natuurlike olies te stroop; dit gee jou ekstra volume wat hare van nature het. Dit beteken jy kry steeds al die voordele van bevogtiging wat ’n opknapper bied, maar sonder die swaar, vetterige gevoel wat jy soms kry. As jy dit wil probeer, lees hier wat jy moet weet:

Maak seker dat jou hare ten volle met water versadig is en wend dan jou opknapper aan. Werk dit deur jou hare, masseer dit in jou hare in en los dit vir drie tot vyf minute aan. MOENIE AFSPOEL NIE. As jy afspoel en dan sjampoe aanwend, sal jou hare heel moontlik droog en bros word. Maak jou hare vir ’n sekonde nat en wend dan jou sjampoe direk op jou hare aan; jy gebruik basies jou sjampoe om jou opknapper te verwyder. Laat dit dan skuim en spoel af soos gewoonlik, en voilà!

Probeer dit en laat ons weet of dit vir jou gewerk het.

Lees nog skoonheidstories.

Lees nog harestories.

The post Die nuutste gier: omgekeerde harewas appeared first on Goeie Huishouding.

5 maklike haarstyle wat ideaal vir ongewaste hare is

$
0
0
unwashed hair

As jy soos ons is en nie daarvan hou om daagliks jou hare te was nie, sal jy dol wees oor hierdie maklike haarstyle wat ideaal is vir daardie tweede (… of derde of vierde …) dag nadat jy jou hare gewas het! Hierdie style sal nie net ongewaste hare uit jou gesig hou nie, maar sal ook goed saam met enige uitrusting lyk. Kyk ’n bietjie hier en probeer dit!

1) Slonsige vlegsel via Treasures and travel blog

messy-braid

2) Half-op, half-af via Bloglovin

half-up-half-down

3) Onderstebo vlegselbolla via Barefoot Blonde

upside-down-braided-bun

4) Glipvrye bolla via Cosmopolitan.com

no-slip-bun

5) Dubbele vlegsels via How To Beauty hair

dutch-braids

Van: Cosmopilitan.com

The post 5 maklike haarstyle wat ideaal vir ongewaste hare is appeared first on Goeie Huishouding.

3 verrassende gebruike vir opknapper

$
0
0
condition

 

As jy nou jou badkamerkas oopmaak, is ons seker jy sal bottels opknapper daarin kry wat jy nie gebruik het nie, of jy het ’n ander handelsmerk sjampoe en opknapper begin gebruik en die ou bottels sit en versamel stof in ’n hoekie. Ons het drie slim maniere waarop jy dit in jou skoonheidsroetine kan gebruik.

1. Skeerroom

Is jou skeerroom op? Moenie bekommerd wees nie – gebruik bloot jou opknapper. Skuim is nie ’n moet wanneer dit by skeer kom nie; opknapper sal die hare op jou bene en onder jou arms glad stryk en sal net so goed soos skeerroom werk. Jy gebruik minder water en jou vel sal sysag voel.

2. Opknapper vir jou grimeerkwaste

Om jou grimeerkwaste skoon te maak is belangrik, veral om higiëniese redes, maar dis ook belangrik om dit te versag om te keer dat dit styf raak. Verdun jou opknapper (een teelepel vir een koppie water) en doop jou kwaste in die oplossing om te keer dat dit uitdroog.

3. Materiaalversagmiddel

Het jy geweet die versagtingsmiddels in opknapper is ook veilig om vir klere te gebruik? Voeg dieselfde hoeveelheid opknapper by jou gewone bondel wasgoed as wat jy versagmiddel sou gebruik. Jy kan ook jou kantonderklere met opknapper met die hand was. Voeg eenvoudig ’n druppel opknapper by water en was dan jou fyn klere daarin. Dit is ’n wonderlike wenk vir wanneer jy reis.

Lees nog skoonheidstories

The post 3 verrassende gebruike vir opknapper appeared first on Goeie Huishouding.

5 maniere om ’n droë, jeukerige kopvel te streel

$
0
0
hair

 

’n Droë, jeukerige kopvel kan ongemaklik en ’n verleentheid wees, veral as jy donker hare het of donker klere dra.

Probeer hierdie 5 wenke om jou kopvel te streel en raak ontslae van skilfers:

 1. Vermy silikoon

Gee jou hare ’n blaaskans van sjampoes en opknappers wat silikoon bevat. Dit vorm ’n versperring op jou hare wat keer dat die bestanddele wat jy nodig het jou hare binnedring. Sjampoes wat jou hare reguit en glad maak, bevat gewoonlik silikoon. Kyk uit na woorde van op “meticone” eindig om jou te help om hierdie produkte te identifiseer.

2. Borsel gereeld

Jou kopvel oorproduseer dalk nuwe velselle en raak van die oormaat ontslae. Probeer jou hare daagliks borsel om ontslae te raak van afvalstowwe en onsuiwerhede wat opbou. Borsel versterk en knap hare ook op.

3. Eet gesonde vette

’n Belangrike faktor wanneer jy met ’n droë kopvel sukkel, is jou dieet. Probeer gesonde vette soos in neute, olierige vis en avokado’s inkorporeer om jou vel van binne te voed.

4. Skilfer jou kopvel af

Dis net so belangrik om jou kopvel af te skilfer as die res van jou vel. Probeer ’n kopvelskropmiddel soos Philips Kingsley Exfoliating Scalp Mask (R180) om dooie vel te verwyder.

5. Verander jou sjampoe

Produkte wat natriumlorielsulfaat (SLS) en natriumlorieletersulfaat (SLES) bevat, kan jou kopvel uitdroog. Probeer oorskakel na ’n sulfaatvrye sjampoe soos Matrix Biolage Advanced KeratinDose-sjampoe (R170), wat behoort te help.

As niks hiervan help nie, kry raad by ’n mediese kenner.

The post 5 maniere om ’n droë, jeukerige kopvel te streel appeared first on Goeie Huishouding.

9 nuttige wenke oor haarknippies

$
0
0
hair clips

Haarknippies is belangrik vir haarstilering en die kans is goed dat jy ’n paar het wat in die badkamer of of op spieëltafel lê. Hier is ’n paar wenke oor hoe om dit ten beste te gebruik.

  1. Gebruik hulle met die golwende kant teen jou kop vir ’n beter houvas.
  2. Lê jou haarknippies die hele huis vol? Bêre dit in ’n leë Tic Tac-houertjie.
  3. Gee ’n poniestert meer volume deur jou hare op jou kroon te pluis en vas te steek voordat jy dit in ’n poniestert vasmaak.
  4. Wil jy ’n hoër poniestert hê, maar jou hare wil eenvoudig nie saamwerk nie? Laat jou poniestert regop staan deur haarknippies vertikaal in jou haarrekkie onder die poniestert in te druk.
  5. Moenie haarknippies tot jou hare beperk nie! Jy kan die dun punte maklik gebruik om ’n bietjie gom aan vals wimpers aan te wend, of om ’n lieflike polkakolpatroon vir selfdoen-naelkuns te skep.
  6. Maak seker dat jou haarknippies steeds hul plastiekbedekking op die punte het (daardie klein “balletjies”) voordat jy dit gebruik. Die skerp metaalpunte onder dit kan jou hare trek, vasknyp of breek. Kry nuwes as die oues se punte afgebreek het.
  7. Kies die regte skakering vir jou haarkleur om jou haarknippies beter te versteek.
  8. Moenie haarknippies in nat hare gebruik nie. Jou hare is nie net meer geneig om te breek wanneer dit nat is nie, maar die haarknippies sal ook duike in jou nat hare maak en dit sal só droog word.
  9. MOENIE dit in jou oor steek of die geboë kant gebruik om swartkoppies uit te druk nie! Jammer as ons jou laat gril het, maar baie mense is geneig om te dink haarknippies is nuttig om oorwas te verwyder of ’n puisie of swartkoppie te verwyder. Los swartkoppies vir opgeleide skoonheidsterapeute en moet nooit ENIGE skerp voorwerp in jou oor druk nie.

The post 9 nuttige wenke oor haarknippies appeared first on Goeie Huishouding.


Viewing all 55 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>